Psalms 31:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wees my genadig, HERE, want ek is in benoudheid; my oog is verteer van droefheid, ja, my siel en my buik.
Afrikaans (NLV) 2011
U het my nie oorgegee in die mag van vyande nie, maar my ’n veilige staanplek gegee.
Afrikaans 1933/1953
en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.
Afrikaans 1983
en my nie aan die mag van die vyand oorgelewer nie; U het my 'n veilige staanplek gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie, maar my voete op 'n ruim plek laat staan het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U het my vyande nie laat wen nie, U het my vrygemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U het my gered. U het gesorg dat ek nie ondergaan nie. U het my nie aan die mense wat my haat, uitgelewer nie.