Psalms 32:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want dag en nag was U hand swaar op my: my vog het verander in die droogte van die somer. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011
Dag en nag was u hand swaar op my. My krag het verdwyn soos water in somerhitte. Sela
Afrikaans 1933/1953
want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. Sela.
Afrikaans 1983
U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte. Sela
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, dag en nag was u hand swaar op my; my lewenskrag het weggekwyn soos in die hitte van die somer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
want U het my elke dag en nag gestraf. Dit het gevoel of daar 'n vuur in my brand. Sela
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dag en nag het U my aan my sonde herinner. My krag het opgedroog soos waterpoele in die gloeiende hitte van die somerson.