Psalms 32:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het my sonde aan U erken, en my ongeregtigheid het ek nie verberg nie. Ek het gesê: Ek wil my oortredinge aan die HERE bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar ek het my oortredings bely, my sonde nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Ek bely my opstand teen die Here.” En my sonde en oortredings het U vergewe. Sela
Afrikaans 1933/1953
My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.
Afrikaans 1983
Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Voor die Here bely ek my opstandigheid;” en U het my skuld vergewe. Sela
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My sonde het ek teenoor U erken; my sondeskuld het ek nie bedek nie. Ek het gedink, ek wil my oortredings teenoor die Here bely, en U het my sondeskuld vergewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het ek my sonde vir U bely, ek het nie probeer wegsteek dat ek verkeerd gedoen het nie, ek het gesê ek sal vir die Here bely dat ek opstandig was. En U het my sonde vergewe. Sela
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe het ek my verkeerde dade voor U bely. Ek het nie stilgebly oor die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie. Ek het besluit om my slegte dade vir die Here te vertel. U, Here, het dit alles vergewe.

Recommended Reading