Psalms 35:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
HERE, hoe lank sal U daarna kyk? red my siel van hulle ondergang, my liefling van die leeus.
Afrikaans (NLV) 2011
Hoe lank, Here, sal U net toekyk? Red my van hulle vernietiging, beskerm my van hulle wat my lewe soos leeus bedreig.
Afrikaans 1933/1953
Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af.
Afrikaans 1983
Hoe lank, Here, sal U dit duld? Red my kosbare lewe van die aanslag van hierdie mense wat my soos leeus bedreig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My Heer, hoe lank gaan U toekyk? Red my lewe van hulle vernietiging, my enigste lewe van die jong leeus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, hoe lank sal U dit nog sien en niks doen nie? U moet my red van hierdie mense wat my wil aanval soos leeus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, hoe lank gaan U nog toelaat dat daardie mense my laat swaarkry? Red my kosbare lewe uit die kloue van daardie spul. Hulle is soos ’n klomp honger leeus wat hulle prooi wil opeet.

Recommended Reading