Psalms 35:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En my siel sal juig in die HERE; dit sal juig oor sy verlossing.
Afrikaans (NLV) 2011
Dan sal ek juig in die Here, ek sal my verheug oor sy redding.
Afrikaans 1933/1953
Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil.
Afrikaans 1983
Maar ek sal juig in die Here, ek sal jubel oor die redding wat Hy bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal dan juig in die Here, ek sal jubel oor sy verlossing.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar ek? Ek sal juig oor wat die Here gedoen het, ek sal vrolik wees omdat Hy my gered het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek is baie bly oor wat die Here doen. Ek sal opgewonde jubel omdat Hy my lewe red.