Psalms 36:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want by U is die fontein van die lewe; in U lig sal ons lig sien.
Afrikaans (NLV) 2011
U voed hulle uit die oorvloed van u huis, en laat hulle drink uit strome van vreugde.
Afrikaans 1933/1953
Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge.
Afrikaans 1983
In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle drink hulle versadig aan die oorvloed van u huis, uit die stroom van u genietinge laat U hulle drink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar is baie dinge wat mense kan geniet in u tempel, dit is soos strome water wat U vir hulle gee om te drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U liefde vloei soos ’n rivier oor ons hele lewe. U gee vir ons meer as wat ons nodig het. U is baie goed vir ons.