Psalms 38:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek is ontsteld; Ek is baie neergebuig; Ek gaan rou die hele dag lank.
Afrikaans (NLV) 2011
My wonde sweer en stink weens my eie dwaasheid.
Afrikaans 1933/1953
My wonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid.
Afrikaans 1983
My wonde stink en sweer, en dít deur my eie dwaasheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My wonde stink, dit sweer vanweë my dwaasheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek is 'n dwaas, daarom is my liggaam vol seerplekke wat stink en nog seerder word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My siekte maak dat ek ander mense van my af wegstoot. Dit het gebeur omdat ek dom dinge aangevang het.