Psalms 4:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U het blydskap in my hart gegee, meer as in die tyd dat hulle koring en hulle wyn vermeerder het.
Afrikaans (NLV) 2011
Baie mense sê: “Wie sal vir ons goeie dinge wys?” Laat u glimlag oor ons skyn, Here!
Afrikaans 1933/1953
Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE!
Afrikaans 1983
Daar is baie wat sê: “Wie sal dit weer met ons goed laat gaan?” Wees ons tog weer goedgesind, Here, help ons!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Baie mense sê: “Wie sal ons weer die goeie laat beleef?” Laat die lig van u teenwoordigheid oor ons skyn, Here!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar is baie mense wat vra: “Wie sal dit goed laat gaan met ons?” Here, U moet weer goed wees vir ons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy het al baie mense hoor sê: “Wanneer sal dit weer met ons goed gaan?” Help tog, Here! Kyk na ons kant toe.