Psalms 40:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het 'n welbehae om u wil te doen, o my God; ja, u wet is binne-in my hart.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê ek: “Kyk, ek kom! In die boekrol is dit oor my geskryf.
Afrikaans 1933/1953
Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe.
Afrikaans 1983
Daarom het ek gesê: “Hier het ek gekom soos dit in die boekrol vir my voorgeskrywe is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop het ek gesê: “Kyk, ek het gekom – in die •boekrol is oor my geskryf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom het ek gesê: “Hier is ek! Die boek met u wette sê dat ek dit moet doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom het ek besluit: ek gaan doen wat U wil hê. Dit is alles tog in u Woord neergeskryf.