Psalms 41:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Geseënd is die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid. Amen, en Amen.
Afrikaans (NLV) 2011
U hou my staande omdat ek onskuldig is. U laat my altyd naby U bly.
Afrikaans 1933/1953
My tog, in my opregtheid ondersteun U my, en stel my voor u aangesig tot in ewigheid. [ (Psalms 41:14) Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot in ewigheid! Amen, ja amen. ]
Afrikaans 1983
Ek is onskuldig, U hou my vas en laat my altyd by U bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat my betref, omdat ek onberispelik is, ondersteun U my. U laat my altyd in u teenwoordigheid staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En ek? Ek is onskuldig, daarom help U my en hou U my regop, U laat my voor U staan vir altyd.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek was onskuldig. U het dit vir almal gewys. En U hou my vas. U is altyd by my.