Psalms 41:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
My vyande praat kwaad van my: Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan?
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het gesê: “Here, wees my genadig. Maak my gesond, want ek het teen U gesondig.”
Afrikaans 1933/1953
Âk het gesê: o HERE, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig.
Afrikaans 1983
Ek het gesê: “Wees my genadig, Here! Maak my tog gesond; ek het teen U gesondig.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek, ek het gesê: “ Here, wees my genadig, genees my tog, want ek het teen U gesondig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ekself het gesê: Here, U moet genadig wees vir my, ek het sonde gedoen teen U, maar U moet my gesond maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het vir die Here gesê: “Wees tog goed vir my! Maak my gesond, al het ek verkeerde dinge teen U gedoen.”