Psalms 44:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U laat ons van die vyand afwyk, en die wat ons haat, buit vir hulleself.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar nou het U ons weggestoot in skande. U trek nie saam met ons leërs na die geveg toe nie.
Afrikaans 1933/1953
En tog het U ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie.
Afrikaans 1983
Tog het U ons nou verstoot en ons in die skande laat kom. U trek nie meer saam met ons leërs uit nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En tog het U ons verstoot en verneder; U trek nie meer saam met ons leërs uit nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En toe stoot U ons weg en U verneder ons, U gaan nie saam wanneer ons oorlog gaan maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar, Here, U het ons nou van U af weggestamp! U het ons verneder! U het ons nie gehelp toe ons teen ander mense geveg het nie.