Psalms 44:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Word wakker, waarom slaap U, HERE? staan op, verwerp ons nie vir ewig nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Om u ontwil word ons elke dag doodgemaak, word ons behandel soos skape wat geslag moet word.
Afrikaans 1933/1953
Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.
Afrikaans 1983
Dit is oor U dat die dood ons gedurig tref, dat ons soos slagskape behandel word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar ter wille van U word ons die hele tyd vermoor, word ons as slagvee beskou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, omdat ons aan U behoort, daarom hou mense aan om ons dood te maak. Hulle maak of ons slagskape is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U het ons ’n lang tyd laat swaarkry, Here. Dit is oor U dat ons behandel is soos diere wat geslag word.