Psalms 44:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want ons siel is neergebuig in die stof, ons buik kleef aan die aarde.
Afrikaans (NLV) 2011
Hoekom kyk U anderpad? Hoekom kyk U verby ons ellende en verdrukking?
Afrikaans 1933/1953
Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?
Afrikaans 1983
Waarom draai U u rug vir ons? Waarom steur U U nie aan ons ellende en smaad nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Waarom verberg U u gesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hoekom kyk U weg? Hoekom maak U of U nie weet dat ons swaarkry en dat mense ons verdruk nie?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U maak asof U nie daar is nie. U speel wegkruipertjie met ons. U steur U nie aan ons nie! U draai die rug vir ons terwyl ons swaarkry en mense met ons spot.