Psalms 44:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In God roem ons die hele dag en loof ons u Naam vir ewig. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011
Want U gee die oorwinning oor ons vyande; U bring vernedering oor dié wat ons haat.
Afrikaans 1933/1953
maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.
Afrikaans 1983
want dit is U wat ons die oorwinning oor ons teëstanders gegee het en ons vyande die aftog laat blaas het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, U verlos ons van ons teenstanders, en U laat hulle wat ons haat, beskaamd staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want U het ons gered van ons vyande, U het die mense wat vir ons haat, laat verloor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dis net U wat ons in die verlede laat wen het. U het ons vyande skaam-skaam huis toe laat gaan.