Psalms 45:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sy sal na die koning gebring word in naaldwerkklere; die maagde, haar metgeselle wat haar volg, sal na jou gebring word.
Afrikaans (NLV) 2011
Binne wag die bruid in prag getooi, geklee in ’n rok met goud versier.
Afrikaans 1933/1953
Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.
Afrikaans 1983
In louter prag staan die koningin daar in haar kleed van goudbrokaat;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In volle glorie wag die dogter van 'n koning binne, in haar uitrusting van goudbrokaat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die prinses is baie mooi, en sy kom in, haar klere is van goud-draad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die prinses lyk asemrowend. Sy wag daarbinne in die mooiste klere.