Psalms 46:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God is in haar midde; sy sal nie wankel nie: God sal haar help, en dit vroegtydig.
Afrikaans (NLV) 2011
Die strome van die rivier bring vreugde in die Godstad, in die heilige woning van die Allerhoogste.
Afrikaans 1933/1953
Die stroompies van 'n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.
Afrikaans 1983
Oor die strome van die rivier is daar blydskap in die Godstad, in die heilige woning van die Allerhoogste.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar is 'n rivier – sy watervore verskaf vreugde aan die stad van God, die heiligste woonplek van die Allerhoogste.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar is 'n rivier, sy strome maak die mense bly wat woon in die stad van God, die gewyde woonplek van die Hoogste God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die vloei van ’n waterstroom bring vreugde in die Godstad. God self bly daar.