Psalms 47:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sing lof tot eer van God, sing lof; sing tot eer van ons Koning, sing lof.
Afrikaans (NLV) 2011
God gaan op met groot gejuig, die Here gaan op terwyl die ramshorings blaas.
Afrikaans 1933/1953
God vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank.
Afrikaans 1983
God gaan op na sy tempel toe onder gejubel, die Here gaan op terwyl die ramshorings blaas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Onder gejuig bestyg God die troon, die Here bestyg dit onder die geluid van 'n •ramshoring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe God na sy tempel gaan, het die mense geskree, hulle het vir die Here die ramshoring geblaas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Soos ’n koning wat na sy troon toe stap terwyl die mense hom hardop toejuig, so juig ons oor die Here as Hy na ons toe kom.