Psalms 48:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat die berg Sion juig, laat die dogters van Juda bly wees oor U oordele.
Afrikaans (NLV) 2011
Soos dit pas by u Naam, o God, so sal U geprys word tot aan die eindes van die aarde. U sterk hand is vol regverdigheid.
Afrikaans 1933/1953
Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid.
Afrikaans 1983
Net soos u Naam, o God, so strek u lof oor die hele aarde. U mag het groot redding gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Soos u Naam, o God, so strek u lof tot aan die eindes van die aarde, u regterhand is vol •geregtigheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Almal op die aarde moet U prys, o God, want almal weet van U. Alles wat U doen, is reg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Oral in die wêreld weet mense van U, o God. Hulle praat met groot lof van U, want U help op ’n regverdige wyse mense uit hulle nood.