Psalms 48:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U breek die skepe van Tarsis met 'n oostewind.
Afrikaans (NLV) 2011
Angs het hulle aangegryp, soos ’n vrou met geboortepyne;
Afrikaans 1933/1953
Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.
Afrikaans 1983
Angs het hulle daar beetgepak, vrees soos dié van 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vrees het hulle daar beetgepak, angs, soos 'n vrou wat geboorte gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het baie bang geword daar by die stad, hulle was so bang soos 'n vrou wat 'n kind moet kry,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle was so bang soos ’n vrou net voor sy haar baba in die wêreld bring;