Psalms 5:13 — Compare Translations
5 translations compared side by side
Afrikaans (NLV) 2011
Want U seën die vromes, Here, u genade beskerm hulle soos ’n skild.
Afrikaans 1983
U laat dit goed gaan met die regverdige, Here, u goedheid beskerm hom soos 'n skild.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want U, Here, U seën die •regverdige, soos 'n skild omring U hom met welwillendheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, Here, U seën mense wat reg lewe, U is goed, U beskerm hulle soos 'n skild.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Laat hulle wat U liefhet, juig oor dit wat U vir hulle doen. U gee arms vol geluk vir mense wat U liefhet, Here. U omring hulle met u liefde.