Psalms 5:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Luister na die stem van my geroep, my Koning en my God, want tot U sal ek bid.
Afrikaans (NLV) 2011
O Here, luister tog na my gebed; gee aandag aan my versugting.
Afrikaans 1933/1953
o HERE, luister na my woorde, let op my versugting.
Afrikaans 1983
Luister tog na my woorde, Here, hoor hoe ek sug.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Luister tog na my woorde, Here; hoor my versugting!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, U moet luister na wat ek sê, U moet hoor hoe ek kla en sug.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hoor tog wat ek sê, Here! Luister hoe ek my hart teenoor U leegmaak. Ek kreun.