Psalms 5:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
My stem sal U in die môre hoor, o HERE; in die môre sal ek my gebed tot U rig en opkyk.
Afrikaans (NLV) 2011
Luister tog na my geroep om hulp, my Koning en my God, want dis tot U dat ek bid.
Afrikaans 1933/1953
Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.
Afrikaans 1983
Gee tog aandag aan my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Slaan ag op my noodkreet, my Koning en my God, want tot U bid ek!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My Koning en my God, U moet hoor wanneer ek vra dat U my moet help, want dit is tot U wat ek bid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Red my as ek om hulp kom smeek. U is my God, die Een wat my lewe beheer. Daarom bid ek tot U.