Psalms 50:16 — Compare Translations

6 translations compared side by side

Afrikaans (NLV) 2011
Maar vir die goddelose sê God: “Hoe durf jy my bepalings voorhou en jou op my verbond beroep?
Afrikaans 1933/1953
Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond --
Afrikaans 1983
Maar vir die goddelose sê God: “Waarom sê jy my voorskrifte een vir een op en beroep jy jou op my verbond,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar vir die goddelose sê God: “Watter reg het jy om my voorskrifte op te sê en my verbond op jou lippe te neem?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar God sê vir die mens wat verkeerd doen: “Dink jy dat jy reg doen? Jy sê wat Ek wil hê en jy praat oor die verbond wat Ek met julle gemaak het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vir die slegte mens sê God: “Hoekom praat jy nog oor die wil van die Here asof dit vir jou saak maak? Hoekom maak jy asof ons met mekaar ’n ooreenkoms het?