Psalms 50:3 — Compare Translations

6 translations compared side by side

Afrikaans (NLV) 2011
Ons God kom nader, maar nie in stilte nie: Voor Hom verteer ’n vuur en rondom Hom woed ’n storm.
Afrikaans 1933/1953
Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig.
Afrikaans 1983
Ons God kom, Hy bly nie stil nie. Voor Hom uit brand 'n vuur, rondom Hom woed 'n storm.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons God kom en Hy gaan nie stilbly nie; voor Hom brand 'n verterende vuur, rondom Hom woed 'n geweldige storm.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons God kom, Hy bly nie stil nie, 'n vuur brand voor Hom, en daar is 'n groot storm rondom Hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons God kom. Hy bly nie stil nie. Dit is of ’n storm rondom Hom losbreek en ’n vuur alles voor Hom wegbrand.