Psalms 51:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Gee my die vreugde van U verlossing terug; en ondersteun my met u vrye gees.
Afrikaans (NLV) 2011
Skep vir my ’n rein hart, o God. Gee my ’n nuwe, standvastige gees.
Afrikaans 1933/1953
Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.
Afrikaans 1983
Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Skep 'n rein hart vir my, o God, vernuwe 'n bestendige gees in my binneste.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
O God, gee vir my 'n nuwe hart wat rein is, maak my gees in my nuut, sodat ek altyd aan U kan behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maak my opreg, God! Maak my van kop tot tone nuut sodat ek kan vasstaan. Moet my nie van U af wegstoot nie.