Psalms 54:8 — Compare Translations
5 translations compared side by side
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal ’n vrywillige dankoffer aan U bring. Ek sal u Naam loof, Here, want dit is goed.
Afrikaans 1983
Dan sal ek offers aan U bring, selfs meer as wat U vra, ek sal u Naam loof, Here, want U is goed,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vrywillig wil ek offers aan U bring. Ek wil u Naam prys, Here, want dit is goed;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal 'n offer bring wat U nie gevra het nie, ek sal vir U dankie sê, Here, want U is goed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek wil graag vir U iets doen om vir U dankie te sê, selfs meer as wat U vra: ek wil U kom loof, Here, want U is baie goed vir al u kinders.