Psalms 55:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die woorde van sy mond was gladder as botter, maar oorlog was in sy hart; sy woorde was sagter as olie, tog was dit ontblote swaarde.
Afrikaans (NLV) 2011
My metgesel het teen sy vriende gedraai; hy het sy ooreenkoms verbreek.
Afrikaans 1933/1953
Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig.
Afrikaans 1983
My vyand het skaars 'n ooreenkoms gesluit of hy verbreek sy beloftes van trou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Teen sy vriende het hy sy hand uitgesteek; hy het sy verbond geskend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die man wat my maat was, het slegte dinge gedoen teen my, teen my wat sy vriend was, hy het sy ooreenkoms met my gebreek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daardie oneerlike mense is baie glad met die mond. Hulle praat mooi woordjies, maar hou nie by hulle beloftes nie.