Psalms 56:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U vertel my omswerwinge: gooi my trane in u kruik; is dit nie in u boek nie?
Afrikaans (NLV) 2011
In die lig van hulle sondes, kan hulle enigsins ontsnap? O God, bring hulle tot ’n val in u toorn.
Afrikaans 1933/1953
Ondanks hul ongeregtigheid -- sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!
Afrikaans 1983
Moenie dat hulle ongestraf bly vir hierdie vyandigheid nie! Laat u toorn hulle vernietig, o God!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sal hulle, ondanks die onreg, vrykom? Werp mense neer in toorn, o God!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
O God, U moet hulle nie vry laat wegkom nie, want hulle het sonde gedoen, U moet kwaad word en U moet hierdie mense straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sal hulle loskom met al die verkeerde dinge wat hulle doen? Nee, laat almal wat U nie dien nie, tot ’n val kom, o God! Laat hulle u woede voel.