Psalms 57:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek sal tot God die Allerhoogste roep; aan God wat alles vir my doen.
Afrikaans (NLV) 2011
Wees my genadig, o God, wees my genadig! Ek soek skuiling by U. In die skaduwee van u vlerke sal ek skuil totdat die onheil verby is.
Afrikaans 1933/1953
Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U het my siel geskuil, en in die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het.
Afrikaans 1983
Wees my genadig, o God! Wees my genadig, want by U soek ek skuiling. Onder u vleuels sal ek skuil tot die bedreiging verby is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U skuil ek; in die skadu van u vlerke sal ek skuil totdat die vernietiging verby is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
O God, U moet genadig wees vir my, U moet genadig wees, want ek kom vra dat U my moet beskerm. Ek vlug na U toe soos kuikens onder 'n hen se vlerke in vlug totdat die gevaar verby is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God, wees asseblief goed vir my. Wees goed vir my, want ek kruip by U weg. U moet my beskerm totdat die gevaar verby is.