Psalms 58:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Soos 'n slak wat smelt, laat elkeen van hulle verbygaan, soos die ontydige geboorte van 'n vrou, sodat hulle die son nie kan sien nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Laat hulle verdwyn soos water wat wegsypel. Laat hulle vertrap word soos droë gras,
Afrikaans 1933/1953
Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het.
Afrikaans 1983
Laat hulle verdwyn soos water wat wegsyfer, laat hulle fyngetrap word soos droë gras.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mag hulle verdwyn soos water wat wegvloei; mag Hy hulle vertrap soos gras. Mag hulle verdroog
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moet hulle laat verdwyn soos water wat in die grond insak, U moet hulle pyle stukkend trap soos 'n mens droë gras trap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Laat hulle verdwyn soos water wat in die grond wegsyfer. Gee dat hulle wapens geen skade aan ander mense aanrig nie.