Psalms 59:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Moenie doodmaak nie, sodat my volk nie vergeet nie; verstrooi hulle deur U mag; en bring hulle neer, HERE, ons skild.
Afrikaans (NLV) 2011
My troue God sal my tegemoetkom. God sal my laat neersien op my vyande.
Afrikaans 1933/1953
My genadige God sal my tegemoetkom; God sal my op my vyande laat neersien.
Afrikaans 1983
My God sal my te hulp kom in sy trou, God sal my laat neersien op my teëstanders.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die God aan wie ek toegewy is, sal my tegemoetkom; God sal my laat neersien op my vyande.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy is die God wat vir my sal doen wat Hy belowe het, Hy sal my vyande voor my laat val.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom help U my, want U bly getrou aan my. U sorg dat ek staande bly teen daardie spul wat niks van my hou nie. Ek sal op hulle neerkyk.