Psalms 59:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Tot eer van jou, o my sterkte, wil ek sing, want God is my beskutting en die God van my goedertierenheid.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar ek sal sing van u mag en in die oggend jubel oor u trou. Want U was my toevlug, ’n veilige skuiling in tye van nood.
Afrikaans 1933/1953
Maar,k sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was 'n rotsvesting vir my en 'n toevlug in die dag toe ek benoud was. [ (Psalms 59:18) My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God. ]
Afrikaans 1983
Maar ék sal sing van u mag, elke môre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my 'n veilige vesting, 'n skuilplek in tyd van nood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar ek, ek sing van u krag. In die môre jubel ek oor u troue liefde, want U was vir my 'n toevlugsoord, 'n skuilplek op die dag van my nood.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar ek? Ek sal sing oor u krag, ek sal elke oggend juig omdat U doen wat U belowe. By U is ek veilig, U beskerm my wanneer dit vir my gevaarlik is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar ek sal U prys, Here. Elke oggend as ek wakker word, is ek so bly dat ek juig. Want U bly getrou aan my. U het my opgepas toe ek in die nood was. U maak my sterk.