Psalms 59:18 — Compare Translations
5 translations compared side by side
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sing lofliedere vir U, my Sterkte, want God is my skuilplek, U is my troue God.
Afrikaans 1983
Tot u eer wil ek sing, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting, U is my troue God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My Sterkte, ek wil U besing. Ja, God is my toevlugsoord, die God aan wie ek toegewy is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit is U wat my sterk maak. Ek wil sing vir U, want by U is ek veilig, U is my God, U doen wat U belowe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal lofliedere sing om U te eer. God, U is vir my baie goed. U maak my sterk. En ek kruip by U weg. U bly getrou aan my.