Psalms 6:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want in die dood word aan U geen gedagtenis nie; wie sal U in die doderyk loof?
Afrikaans (NLV) 2011
Kom terug, Here, en red my. Genees my op grond van u liefde.
Afrikaans 1933/1953
Keer terug, HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.
Afrikaans 1983
Neem my weer onder u sorg, Here, en red my lewe. Help my, want U is getrou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Keer terug, Here, red my lewe; verlos my op grond van u troue liefde!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, U moet my weer red sodat ek nie sterf nie. Ek behoort aan U, U moet my red.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Draai na my toe om, Here! Red my van hierdie swaarkry! U het tog u kinders baie lief.