Psalms 60:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U het harde dinge aan u volk bekend gemaak, U het ons die wyn van verbasing laat drink.
Afrikaans (NLV) 2011
U het ons verstoot, o God, ons verdediging afgebreek. U was vir ons kwaad; herstel tog u guns oor ons.
Afrikaans 1933/1953
o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!
Afrikaans 1983
U het ons verstoot, o God, ons uitmekaar geskeur. U was kwaad vir ons. Laat dit tog weer met ons goed gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
O God, U het ons verstoot, ons uitmekaar geslaan. U was toornig. Herstel ons!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
O God, U het ons weggestoot, U het ons gebreek. U was kwaad vir ons. Maar U moet dit weer goed laat gaan met ons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God, U het ons van U af weggestoot! U het ons in stukke geskeur toe U baie kwaad vir ons was. Maak asseblief weer soos voorheen die lewe vir ons mooi.