Psalms 61:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U sal die koning se lewe verleng, en sy jare soos baie geslagte.
Afrikaans (NLV) 2011
Want U het my geloftes gehoor, o God. U vervul die begeerte van hulle wat u Naam dien.
Afrikaans 1933/1953
Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees.
Afrikaans 1983
U, o God, hoor my geloftes, U vervul die wens van hulle wat u Naam eer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U is immers die Een wat luister na my geloftes, o God; U gee 'n erfdeel aan hulle wat vir u Naam ontsag het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want U het gehoor dat ek belowe het om offers te bring vir U. U het vir my ook 'n plek gegee by die mense wat vir U dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God, U weet dat ek belowe het om U te prys. U oorlaai my met goeie dinge. U doen dit vir almal wat U dien.