Psalms 63:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As ek aan jou dink op my bed en oor jou peins in die nagwake.
Afrikaans (NLV) 2011
U versadig my meer as die rykste kos. Met vreugdeliedere sal ek U loof.
Afrikaans 1933/1953
Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe
Afrikaans 1983
Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet, sal ek U altyd roem met jubelende mond.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Asof van binnevet en die vetste dele word ek versadig; en met jubelende lippe bring my mond lof
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit sal vir my lekker wees, so lekker soos 'n fees-ete, wanneer ek sing en U prys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Om U te prys maak my lewe vol en ryk. Ek loof U vir die goeie geskenke wat U vir my gee. Ek is bly oor U.