Psalms 63:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
My siel jaag U hard, u regterhand ondersteun my.
Afrikaans (NLV) 2011
onthou ek hoe U my gehelp het. Dan wil ek sing in die skaduwee van u vleuels.
Afrikaans 1933/1953
Want U was 'n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.
Afrikaans 1983
U is vir my 'n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want U was vir my tot hulp, en in die skadu van u vlerke jubel ek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
dan onthou ek dat U my altyd gehelp het en my beskerm het soos 'n hen haar kuikens beskerm. En dan sing ek weer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U het my gehelp. U beskerm my en ek is baie bly daaroor.