Psalms 65:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U laat sy rante oorvloedig natmaak, sy vore maak U vas; U maak dit sag met buie; U seën die spruit daarvan.
Afrikaans (NLV) 2011
U versorg die aarde, en laat dit reën, U maak dit ryk en vrugbaar. Die riviere van God is vol water; U verskaf graan soos U bepaal het.
Afrikaans 1933/1953
U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land.
Afrikaans 1983
U sorg vir die land en gee oorvloed, U maak dit baie vrugbaar. Die groot riviere is vol water, U laat die koring welig staan. Alles is u werk!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U het na die land omgesien, dit deurdrenk, dit besonder verryk. God se leivoor is vol water. U sorg vir hulle koring, want so berei U die grond voor:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U sorg vir die aarde, U gee die reën, U maak die grond baie vrugbaar. 'n Groot stroom water kom van U en U laat die koring groei, ja, U doen dit alles.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U kom na hulle toe en gee hulle alles wat hulle nodig het. U maak die grond vrugbaar. God, die water wat U gee, is meer as genoeg. Dit bring groot oeste. Dit is alles wat U doen.