Psalms 66:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Geseënd van God wat my gebed en sy goedertierenheid nie van my afgewend het nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Loof God wat my gebed nie verwerp het nie en sy troue liefde nie aan my onttrek het nie.
Afrikaans 1933/1953
Geloofd sy God wat my gebed nie afgewys en sy goedertierenheid aan my nie onttrek het nie!
Afrikaans 1983
Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys en sy trou nie van my weerhou het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God moet geprys word, Hy wat my gebed nie afgewys het, sy troue liefde van my nie weerhou het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nou prys ek vir God. Hy het geluister na my gebed, Hy het gedoen wat Hy belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God moet geprys word. Hy het my nie geïgnoreer nie. Hy was getrou aan my.