Psalms 67:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat die volke U loof, o God; laat die hele volk U loof.
Afrikaans (NLV) 2011
Laat die nasies bly wees en sing van vreugde, want met billikheid regeer U die volke en lei U die nasies op die aarde. Sela
Afrikaans 1933/1953
Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.
Afrikaans 1983
Mag die nasies bly wees en jubel omdat U hulle regverdig regeer en hulle op die aarde lei. Sela
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mag nasies bly wees en jubel, want U oordeel volke billik; en nasies, mag U hulle op die aarde lei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die volke moet bly wees en vrolik sing, want wanneer U die volke oordeel, dan doen U reg aan almal. U lei die volke op die aarde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Volke wat U nie ken nie, sal bly wees en juig omdat U regverdig teenoor hulle optree. U heers oor al die volke op aarde. En U lei alle mense.