Psalms 68:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U gemeente het daarin gewoon; U, o God, het uit u goedheid vir die armes berei.
Afrikaans (NLV) 2011
O God, U het oorvloedige reëns gestuur om u uitgedorde erfdeel te verkwik.
Afrikaans 1933/1953
Met 'n milde reën het U, o God, u erfdeel besproei; en toe dit moeg was, het U dit versterk.
Afrikaans 1983
U het oorvloedige reëns laat uitsak, o God, U het u verdorde land weer lewe gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Milde reën het U, o God, laat uitsak oor u erfdeel; wat uitgeput was, het U laat herleef –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
O God, U het oral baie reën laat val, U het u droë land weer laat lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God, U het die hemel geskeur, stortreën het oor die aarde uitgesak, ’n droë land het skielik weer begin leef.