Psalms 68:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal my volk terugbring uit die dieptes van die see.
Afrikaans (NLV) 2011
Immers, God self verpletter die koppe van sy vyande, die koppe van hulle wat in sonde volhard.
Afrikaans 1933/1953
Gewis, God sal die kop van sy vyande verbrysel, die harige skedel van hom wat in sy sondeskuld rondwandel.
Afrikaans 1983
God verpletter die kop van sy vyande, die kop van dié wat in hulle sonde volhard.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God sal beslis die koppe van sy vyande verpletter, die harige hoofde van hulle wat in sondeskuld volhard.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, God sal sy vyande se koppe stukkend slaan, die koppe van die mense wat aanhou sonde doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar God trap al sy vyande onder sy voete plat. Mense wat aanhou sonde doen, vee Hy van die aardbol af.