Psalms 68:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ter wille van U tempel in Jerusalem sal konings geskenke aan u bring.
Afrikaans (NLV) 2011
Toon u mag, o God. Toon u krag, o God, soos U dit voorheen vir ons gedoen het.
Afrikaans 1933/1953
Jou God het jou sterkte gebied: betoon U sterk, o God, wat vir ons gewerk het!
Afrikaans 1983
Toon die mag, o God, waarmee U ons gered het, toon u mag, o God,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jou God het krag vir jou beskik. Toon u krag, o God, U wat in ons belang opgetree het
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
[29-30] Leiers van Israel, julle God het vir julle krag gegee. Dit is die krag van God. O God, U het uit u tempel u krag gebruik om ons te red, U het dit gedoen vir Jerusalem. Konings sal presente bring vir U.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God, wys asseblief weer hoe sterk U is. Laat ons weer u groot krag sien waarmee U ons gered het.