Psalms 69:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nader tot my siel en verlos dit; red my ter wille van my vyande.
Afrikaans (NLV) 2011
Moenie u gesig vir u dienaar wegdraai nie; antwoord my gou, want ek is in nood!
Afrikaans 1933/1953
En verberg u aangesig nie vir u kneg nie; want ek is benoud. Verhoor my dan gou!
Afrikaans 1983
Moet tog nie u dienaar alleen laat nie! Ek is in groot gevaar, antwoord my tog gou!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moenie u gesig vir u dienskneg verberg nie, want ek is in die nood – antwoord my gou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek behoort aan U, U moenie wegkyk wanneer dit sleg gaan met my nie, U moet gou maak en doen wat ek vra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek dien U. Moenie u rug vir my draai nie, want ek is in baie groot nood. Antwoord my tog.