Psalms 69:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Voeg ongeregtigheid by hulle ongeregtigheid, en laat hulle nie in U geregtigheid kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle vervolg die een wat U reeds getref het en vertel van die pyn van dié wat U deurboor het.
Afrikaans 1933/1953
Want hulle vervolg hom wat deur U swaar getref is, en vertel van die smart van u gewondes.
Afrikaans 1983
want hulle vervolg hom wat swaar deur U getref is en verlustig hulle in die pyn van hom wat deur U deurboor is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want dié wat deur U geslaan is, word deur hulle agtervolg, en oor die pyn van dié wat deur U gewond is, het hulle die monde vol.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want hulle jaag 'n persoon vir wie U self geslaan het, hulle praat oor die pyn van iemand vir wie U siek gemaak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Doen dit, Here, want hulle geniet dit dat mense onder u hand ly. Hulle kry lekker oor die lyding wat U oor u kinders bring.