Psalms 71:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nou ook as ek oud en grys is, o God, verlaat my nie; totdat Ek U krag aan hierdie geslag bekend gemaak het en U krag aan elkeen wat kom.
Afrikaans (NLV) 2011
O God, noudat ek oud en grys is, moenie my verlaat nie, sodat ek aan die nageslagte u mag bekend kan maak, en aan elkeen wat nog sal kom van u magtige werke kan vertel.
Afrikaans 1933/1953
En ook tot die ouderdom en die grysheid toe -- o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag.
Afrikaans 1983
Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie, o God, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van u werk en u mag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Selfs tot in die ouderdom en grysheid, o God, moet U my nie verlaat nie, totdat ek aan die nageslag die mag van u arm bekend gemaak het, aan almal wat kom, u mag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, ek is nou oud en my hare is grys, U moenie nou vir my los nie. Ek wil vir die nageslag vertel, vir almal wat later gebore sal word, dat U sterk is en dat U groot dinge gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ja, selfs noudat ek oud en grys geword het, sal ek dit aanhou sê. God, moenie nou u rug vir my draai nie. Ek wil eers vir my kleinkinders vertel hoe sterk U is.