Psalms 71:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
My lippe sal baie bly wees as ek tot eer van jou sing; en my siel wat U verlos het.
Afrikaans (NLV) 2011
Van vreugde sal ek jubel en u lof besing, want U het my gered.
Afrikaans 1933/1953
My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer, en my siel, wat U verlos het.
Afrikaans 1983
Ek sal jubel as ek tot u eer sing, omdat U my gered het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My lippe sal jubel wanneer ek U besing, ja, my hele wese, wat U vrygemaak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal vrolik skree wanneer ek vir U sing, ek wat vry is nadat U my vrygemaak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal opgewonde juig wanneer ek vir U lofliedere sing. Ek sal bly wees, omdat U my gered het.