Psalms 74:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
O God, hoe lank sal die teëstander verwyt? sal die vyand U Naam vir ewig laster?
Afrikaans (NLV) 2011
Hoe lank, o God, sal ons vyande U bespot? Hoe lank sal hulle u Naam vir altyd beledig?
Afrikaans 1933/1953
Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?
Afrikaans 1983
Hoe lank, o God, sal ons teëstanders ons nog verneder? Sal die vyand u Naam vir altyd bly belaster?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hoe lank, o God, gaan die teenstander nog die spot dryf, gaan die vyand u Naam vir ewig verag?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
O God, hoe lank sal die vyande nog aanhou spot? Hoe lank sal hulle nog aanhou om u Naam te laster? Vir altyd?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God, sê asseblief vir ons hoe lank hulle nog met ons gaan baklei. Hoe lank gaan hulle aanhou om u Naam te verag?